Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 10

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 11

1

Toe kom die hele Israel by Dawid in Hebron bymekaar en sê: Kyk, ons is u been en u vlees.

2

Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor my volk Israel.

3

So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.

4

En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete die bewoners van die land.

5

En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.

6

En Dawid het gesê: Elkeen wat eerste die Jebusiet verslaan, sal 'n hoof en 'n owerste word. Toe het Joab, die seun van Seruja, die eerste opgeklim en 'n hoof geword.

7

En Dawid het in die bergvesting gaan woon; daarom noem hulle dit die stad van Dawid.

8

En hy het die stad rondom opgebou van Millo af tot by die omtrek; en Joab het die orige deel van die stad herstel.

9

En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE van die leërskare was met hom.

10

En d¡t was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.

11

En d¡t is die getal van die helde van Dawid: Jasobeam, die seun van Hagmoni, die hoof van die dertig; hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat op een keer gesneuwel het.

12

En n  hom was Ele sar, die seun van Dodo, die Ahohiet; hy was onder die drie helde.

13

Hy was saam met Dawid by Pas-D mmim toe die Filistyne daar bymekaar was om te veg; en daar was 'n stuk land vol gars, en die volk het vir die Filistyne gevlug.

14

Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.

15

En drie van die dertig hoofde het afgetrek na die rots, na Dawid, na die spelonk van Adullam terwyl die laer van die Filistyne in die dal Ref im gestaan het.

16

En Dawid was toe in die bergvesting; en 'n besetting van die Filistyne was toe in Betlehem.

17

En Dawid het 'n begeerte voel opkom en gesê: Wie sal vir my water gee om te drink uit die put van Betlehem wat by die poort is?

18

Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet

19

en gesê: Mag my God my bewaar, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed van hierdie manne drink? Met lewensgevaar, ja, met lewensgevaar het hulle dit gebring! En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.

20

En Ab¡sai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie.

21

Uit die drie was hy onder die ander twee geëerd, sodat hy hulle owerste geword het; maar tot by die eerste drie het hy nie gekom nie.

22

Ben ja, die seun van Jojada, 'n dapper man, groot van daad, uit K bseël; hy het die twee groot helde van Moab verslaan; en hy het afgegaan en 'n leeu binne-in 'n kuil doodgeslaan op 'n sneeudag.

23

Hy het ook 'n Egiptenaar verslaan, 'n groot man, vyf el; en in die hand van die Egiptenaar was 'n spies soos 'n wewersbalk; maar hy het na hom afgegaan met 'n stok en die spies uit die hand van die Egiptenaar geruk en hom met sy eie spies doodgesteek.

24

Dit het Ben ja, die seun van Jojada, gedoen; en hy het 'n naam gehad onder die drie helde.

25

Hy was wel meer geëerd as die dertig, maar tot by die drie het hy nie gekom nie; en Dawid het hom aangestel oor sy lyfwag.

26

En die dapper helde was: Asahel, die broer van Joab, lhanan, die seun van Dodo, uit Betlehem;

27

Sammot, die Harodiet; Heles, die Peloniet;

28

Ira, die seun van Ikkes, die Teko‹et; Abiëser, die Anatotiet;

29

S¡bbegai, die Husatiet; Ilai, die Ahohiet;

30

M harai, die Netofatiet; Heled, die seun van Baäna, die Netofatiet;

31

Itai, die seun van R¡bai, uit G¡bea van die kinders van Benjamin; Ben ja, die Pireatoniet;

32

Hurai, uit Nahale-Gaäs, Ab¡ël, die Arabatiet;

33

Asm wet, die Baharumiet; ljagba, die Saälboniet.

34

Die seuns van Hasem, die Gisoniet, was: Jonatan, die seun van Sage, die Harariet;

35

Ah¡am, die seun van Sagar, die Harariet; El¡fal, die seun van Ur;

36

Hefer, die Megeratiet; Ah¡a, die Peloniet;

37

Hesro, die Karmeliet; N „rai, die seun van sbai;

38

Joël, die broer van Natan; Mibhar, die seun van Hagri;

39

Selek, die Ammoniet; N grai, die Berotiet, die wapendraer van Joab, die seun van Seruja;

40

Ira, die Jitriet; Gareb, die Jitriet;

41

Ur¡a, die Hetiet; Sabad, die seun van Aglai;

42

Ad¡na, die seun van Sisa, die Rubeniet, 'n hoof van die Rubeniete, en saam met hom was dertig;

43

Hanan, die seun van M „ga; en Josafat, die Mitniet;

44

Uss¡a, die Asteratiet; Sama en Je‹-el, die seuns van Hotam, die Aroëriet;

45

Jed¡ael, die seun van Simri; en Joha, sy broer, die Tisiet;

46

liël van Mah wim en Jer¡bai en Jos wja, die seuns van Eln „m; en Jitma, die Moabiet:

47

liël en Obed en Jaäsiël van Mesob ja.

1 KRONIEKE 12

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: