Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 19

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 20

1

En n  verloop van 'n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.

2

En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan 'n talent goud was; en daarin was 'n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het 'n baie groot buit van die stad uitgebring.

3

Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

4

En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het S¡bbegai, die Husatiet, S¡ppai, uit die kinders van die Refa‹te verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.

5

En daar was weer oorlog met die Filistyne; en lhanan, die seun van Ja‹r, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.

6

En daar was weer oorlog by Gat, en daar was 'n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete.

7

En hy het Israel uitgedaag, maar Jonatan, die seun van S¡mea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

8

Hulle was afstammelinge van die Refa‹ete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.

1 KRONIEKE 21

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: