Afrikaans Bible

1 KRONIEKE 26

1 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 27

1

En dit is die seuns van Israel volgens hulle getal, die familiehoofde en die owerstes oor duisend en oor honderd en hulle opsigters, wat die koning gedien het in al die sake van die afdelings wat maand vir maand gedurende al die maande van die jaar ingekom en uitgegaan het; elke afdeling was vier en twintig duisend:

2

oor die eerste afdeling vir die eerste maand was Jasobeam, die seun van S bdiël; en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

3

Uit die seuns van Peres was hy die hoof van al die leërowerstes vir die eerste maand.

4

En oor die afdeling vir die tweede maand was Dodai, die Ahohiet; en oor sy afdeling was die bevelhebber Miklot; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

5

Die derde leërowerste vir die derde maand was Ben ja, die seun van Jojada, die hoëpriester, en by sy afdeling was vier en twintig duisend.

6

Hierdie Ben ja was 'n held van die dertig en oor die dertig, en oor sy afdeling was sy seun, Amm¡sabad.

7

Die vierde vir die vierde maand was Asahel, die broer van Joab, en n  hom sy seun Seb dja; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

8

Die vyfde vir die vyfde maand was die owerste Samhut, die Jisragiet; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

9

Die sesde vir die sesde maand was Ira, die seun van Ikkes, die Teko‹et; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

10

Die sewende vir die sewende maand was Heles, die Peloniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

11

Die agtste vir die agtste maand was S¡bbegai, die Husatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

12

Die negende vir die negende maand was Abiëser, die Anatotiet, van die Benjaminiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

13

Die tiende vir die tiende maand was M harai, die Netofatiet, van die Sargiete; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

14

Die elfde vir die elfde maand was Ben ja, die Pireatoniet, uit die seuns van Efraim; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

15

Die twaalfde vir die twaalfde maand was H‚ldai, die Netofatiet, van Otniël afkomstig; by sy afdeling was ook vier en twintig duisend.

16

En oor die stamme van Israel: bevelhebber oor die Rubeniete was Eliëser, die seun van Sigri; oor die Simeoniete was Saf tja, die seun van M „ga;

17

oor die Leviete was Has bja, die seun van K‚muel; oor die Aäroniete, Sadok;

18

oor Juda was El¡hu, uit die broers van Dawid; oor Issaskar was Omri, die seun van M¡gael;

19

oor S‚bulon was Jism ja, die seun van Ob dja; oor N ftali was J‚rimot, die seun van Asriël;

20

oor die seuns van Efraim was Hos‚a, die seun van As sja; oor die halwe stam van Manasse was Joël, die seun van Ped ja;

21

oor die halwe Manasse in G¡lead was Iddo, die seun van Sagar¡a; oor Benjamin was Jaäsiël, die seun van Abner;

22

oor Dan was As reël, die seun van Jeroham. Dit was die owerstes van die stamme van Israel.

23

Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.

24

Joab, die seun van Seruja, het begin tel, maar nie voleindig nie, omdat hieroor 'n toorn oor Israel gekom het; daarom is die getal nie opgeneem in die optelling in die Kronieke van koning Dawid nie.

25

En oor die skatte van die koning was Asm wet, die seun van Adiël; en oor die skatte in die land, in die stede en in die dorpe en in die torings, was Jonatan, die seun van Uss¡a.

26

En oor die landarbeiders, vir die landbou, was Esri, die seun van Kelub.

27

En oor die wingerde was S¡me‹, die Ramatiet; en oor wat in die wingerde was aan wynvoorrade, was Sabdi, die Sifmiet.

28

En oor die olyfbome en die wildevyebome wat in die Laeveld is, was Ba„l-Hanan, die Gederiet; en oor die olievoorrade was Joas.

29

En oor die beeste wat in Saron gewei het, was S¡trai, die Saroniet; maar oor die beeste in die vlaktes was Safat, die seun van Adlai.

30

En oor die kamele was Obil, die Ismaeliet; en oor die eselinne was J‚gdeja, die Meronotiet.

31

En oor die kleinvee was Jasis, die Hagriet. Hulle almal was owerstes oor die besittinge van koning Dawid.

32

En Jonatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en J‚hiël, die seun van Hagmoni, was by die seuns van die koning.

33

En Agitofel was raadgewer van die koning; en Husai, die Arkiet, was die vriend van die koning.

34

En n  Agitofel: Jojada, die seun van Ben ja, en Abjatar; en die leërowerste van die koning was Joab.

1 KRONIEKE 28

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: