Afrikaans Bible

2 KRONIEKE 16

2 KRONIEKE

Return to Index

Chapter 17

1

En sy seun Josafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.

2

En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.

3

En die HERE was met Josafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Ba„ls nie gesoek nie,

4

maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.

5

Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Josafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.

6

En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.

7

En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Ob dja en Sagar¡a en Net neël en Mig ja gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;

8

en saam met hulle die Leviete Sem ja en Net nja en Seb dja en Asahel en Sem¡ramot en Jonatan en Adonia en Tob¡a en Tob-Adonia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elis ma en Joram.

9

En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.

10

En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Josafat oorlog gevoer het nie.

11

En van die Filistyne het vir Josafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.

12

So het Josafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.

13

En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.

14

En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;

15

en naas hom was die owerste Johanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;

16

en naas hom was Am sia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;

17

en uit Benjamin was ljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;

18

en naas hom was Josabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.

19

Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.

2 KRONIEKE 18

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: