Afrikaans Bible

PSALMS 29

PSALMS

Return to Index

Chapter 30

1

'n Psalm, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2

Ek sal U verhoog, HERE, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3

HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4

HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5

Psalmsing tot eer van die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6

want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôre ns is daar gejuig.

7

Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8

HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg -- ek het verskrik geword!

9

Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die HERE gesmeek:

10

Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11

Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my 'n helper!

12

U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; [ (Psalms 30:13) sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof. ]

PSALMS 31

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: