Afrikaans Bible

ESEGIËL 1

ESEGIËL

Return to Index

Chapter 2

1

En Hy het vir my gesê: Mensekind, staan op jou voete, dat Ek met jou kan spreek.

2

En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het.

3

Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe.

4

En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE!

5

Maar of hulle nou al luister of nie -- want hulle is 'n wederstrewige huis -- hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het.

6

En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis.

7

Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig.

8

Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee.

9

Toe kyk ek, en daar was 'n hand na my toe uitgesteek, en daarin 'n boekrol!

10

En Hy het dit voor my uitgesprei; en dit was beskrywe op die voor-- en agterkant, en daarop was geskrywe klaagliedere en gesug en wee.

ESEGIËL 3

 

 

 

Please Click the Ads.

Clicking the Ads helps us to keep this free Bible website open for everyone.

Thanks!

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: