| Chapter 3 |
1 | Daarna het Job sy mond oopgemaak en sy dag vervloek.
|
2 | En Job het begin en gesê:
|
3 | Mag die dag vergaan waarop ek gebore is, en die nag wat gesê het: 'n Seun is ontvang.
|
4 | Mag die dag duisternis wees; mag God nie na hom vra daarbo nie en geen ligglans oor hom skyn nie.
|
5 | Mag duisternis en doodskaduwee hom opeis, 'n wolkgevaarte oor hom gaan lê, dagverduisteringe hom verskrik.
|
6 | Daardie nag -- mag donkerheid hom wegruk, mag hy nie bly wees onder die dae van die jaar, in die getal van die maande nie kom nie.
|
7 | Ja, mag die nag onvrugbaar wees, geen gejubel tot hom deurdring nie.
|
8 | Mag die dagvervloekers hom verwens, hulle wat die kuns verstaan om die Levi tan op te hits.
|
9 | Mag die sterre van sy môre skemering verduister word; mag hy wag op lig, maar tevergeefs, en die ooglede van die dageraad nie sien nie.
|
10 | Omdat hy vir my nie toegesluit het die deure van die moederskoot nie en moeite vir my oë nie verberg het nie.
|
11 | Waarom het ek nie gesterf by die geboorte, nie uitgegaan uit die moederskoot en die asem uitgeblaas nie?
|
12 | Waarom het knieë my teëgekom, en waarom borste, dat ek moes drink?
|
13 | Want dan sou ek daar gelê en stil gewees het; ek sou geslaap, ek sou dan rus gehad het,
|
14 | saam met konings en raadsmanne van die aarde, wat puinhope weer opgebou het vir hulleself;
|
15 | of saam met vorste wat goud besit, wat hulle huise met silwer gevul het.
|
16 | Of ek sou, soos 'n weggestopte misgeboorte, nie bestaan het nie, soos kinders wat die lig nie gesien het nie.
|
17 | Daar hou die goddelose op met woel, en daar rus hulle wie se kragte uitgeput is.
|
18 | Die gevangenes is almal saam gerus; hulle hoor die stem van die drywer nie.
|
19 | Klein en groot is daar gelyk, en die slaaf is vry van sy heer.
|
20 | Waarom gee Hy lig aan die ellendige en lewe aan die wat verbitterd is van siel;
|
21 | wat wag op die dood, en hy kom nie; en meer na hom grawe as na verborge skatte;
|
22 | wat bly sou wees met gejuig, hulle sou verheug as hulle die graf kon vind?
|
23 | Waarom gee Hy lig aan 'n man wie se weg verborge is, 'n man wat deur God aan alle kante ingesluit is?
|
24 | Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
|
25 | As ek iets vreesliks vrees, kom dit oor my; en die ding waarvoor ek bang is, kom na my toe.
|
26 | Ek het geen kalmte en geen stilte en geen rus nie, of daar kom die onrus!
|