| Chapter 8 |
1 | Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
|
2 | Hoe lank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond 'n geweldige wind wees?
|
3 | Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?
|
4 | As jou kinders teen Hom gesondig het, het Hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
|
5 | As jy na God soek en die Almagtige om genade smeek,
|
6 | as jy rein en opreg is, ja, dan sal Hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid;
|
7 | dan sal jou begin gering wees, maar jou einde baie groot.
|
8 | Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
|
9 |
|
10 | sal hulle jou nie leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
|
11 | Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
|
12 | Nog is dit in sy volle groei -- sonder dat dit afgepluk word -- dan verdor dit voor al die ander gras.
|
13 | So gaan dit met almal wat God vergeet, en so vergaan die verwagting van die goddelose;
|
14 | sy hoop is afgesny en die voorwerp van sy vertroue is 'n spinnerak.
|
15 | Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stand nie.
|
16 | Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
|
17 | Sy wortels is gevleg oor 'n hoop klippe heen, 'n kliphuis deurboor hy.
|
18 | As Hy hom vernietig uit sy plek, sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesien nie.
|
19 | Kyk, dit is die vreugde van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
|
20 | Kyk, God verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
|
21 | Terwyl Hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
|
22 | sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose -- weg is dit!
|