| Chapter 13 |
1 | Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.
|
2 | Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.
|
3 | Maar k sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.
|
4 | Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.
|
5 | Ag, as julle maar heeltemal sou swyg -- dan sou dit vir julle wysheid wees!
|
6 | Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.
|
7 | Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
|
8 | Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?
|
9 | Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos 'n mens bedrieg word?
|
10 | Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.
|
11 | Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?
|
12 | Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.
|
13 | Laat my met rus; dan wil k spreek; laat dan oor my kom wat wil.
|
14 | Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?
|
15 | Kyk, al wil Hy my ombring -- ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.
|
16 | Ook is dit my tot heil dat 'n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.
|
17 | Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.
|
18 | Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat k reg sal hê.
|
19 | Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.
|
20 | Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:
|
21 | trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.
|
22 | Klaag dan maar aan, en k sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.
|
23 | Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.
|
24 | Waarom verberg U u aangesig en hou my vir 'n vyand van U?
|
25 | Wil U 'n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,
|
26 | dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,
|
27 | en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U 'n streep om die sole van my voete;
|
28 | en d¡t iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos 'n kleed wat die mot verteer.
|