| Chapter 21 |
1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
|
2 | Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.
|
3 | Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.
|
4 | Wat my aangaan, geld my geklaag dan 'n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?
|
5 | Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.
|
6 | Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.
|
7 | Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?
|
8 | Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
|
9 | Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.
|
10 | Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.
|
11 | Hulle laat hul jong seuns loop soos 'n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.
|
12 | Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.
|
13 | In voorspoed slyt hulle hul dae, en in 'n oomblik sink hulle in die doderyk af.
|
14 | Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.
|
15 | Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?
|
16 |
|
17 | Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,
|
18 | word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?
|
19 | Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!
|
20 | Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en slf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.
|
21 | Want wat gee hy om sy huis n hom as die getal van sy maande afgesny is?
|
22 | Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?
|
23 | Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.
|
24 | Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.
|
25 | Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.
|
26 | Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.
|
27 | Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.
|
28 | As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose --
|
29 | het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!:
|
30 | dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?
|
31 | Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel -- wie sal hom dit vergeld?
|
32 | Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.
|
33 | Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.
|
34 | Hoe troos julle my dan op so 'n nietige manier? En julle antwoorde -- net troubreuk bly oor!
|