| Chapter 23 |
1 | Maar Job het geantwoord en gesê:
|
2 | Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.
|
3 | Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!
|
4 | Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;
|
5 | ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.
|
6 | Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.
|
7 | Dan sou daar 'n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.
|
8 | Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
|
9 | As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.
|
10 | Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.
|
11 | Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.
|
12 | Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.
|
13 | Maar Hy bly onveranderlik Een -- wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.
|
14 | Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.
|
15 | Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.
|
16 | En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.
|
17 | Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.
|